Share This Post

Voordele van tegnologie in die klaskamer

Voordele van tegnologie in die klaskamer

In die 21ste eeu is dit moeilik om ons lewens sonder tegnologie voor te stel – oral waar jy gaan is almal op hul slimfone, tablette of skootrekenaars. Maar het hierdie toestelle ʼn plek in die klaskamer? Heelwat navorsing dui daarop dat die doeltreffende gebruik van tegnologie ’n belangrike hulpmiddel in onderrig kan wees. Die klem lê egter op die woord “doeltreffend”. As tegnologie deel vorm van die kurrikulum, en nie net as ‘n byvoeging beskou word nie, kan dit baie voordele vir jou as onderwyser en vir jou leerders inhou.

Vergemaklik administrasie-take

Bo en behalwe klasgee het onderwysers van vandag talle addisionele  verantwoordelikhede buite die klaskamer insluitend die beplanning en voorbereiding van lesse, nasien van take en toetse, en die inlees van punte. Tegnologie kan met hierdie administrasie-take help. Opvoedkundige rekenaarprogramme soos Cami maak dit maklik. Die lesse is reeds uitgewerk, die oefeninge word deur die program gemerk, en jy kan met die druk van ʼn knoppie vorderingsverslae per leerder, graad of kwartaal aflaai of die graad- en klasgemiddeld bereken.

Laat diversiteit in leertegnieke toe

Leerders kan maklik verveeld raak as dieselfde leertegnieke elke keer ingespan word. Tegnologie en toepassings verseker egter dat die leerervaring nuut en interessant bly. Dit laat jou as onderwyser ook toe om leerders met visuele, ouditiewe en kinetiese leerstyle te akkommodeer. Daar is ʼn hele paar maniere waarop tegnologie ingespan kan word:

  • Visueel (sien): Visuele leerders verwerk nuwe inligting deur te lees of na prente en demonstrasies te kyk. Opvoedkundige video’s, wat illustrasies, diagramme en spotprente bevat, kan gebruik word om konsepte visueel voor te stel. CrashCourse is ʼn populêre YouTube-kanaal wat opvoedkundige video’s oor ‘n verskeidenheid vakke oplaai.
  • Ouditief (hoor): Ouditiewe leerders verkies om na verduidelikings te luister en inligting hardop te sê. Rekenaarprogramme soos Cami Reader gebruik ouditiewe instruksies om leerders te help om fonetiese oefeninge te voltooi.
  • Kineties (bewegend): Kinetiese leerders onthou inligting makliker as dit as ‘n interaktiewe speletjie aangebied word. Rekenaargebaseerde aktiwiteite is geskik vir kinetiese leerders, aangesien die gebruik van ʼn sleutelbord help om leerders se hande besig te hou.

Maak skoolwerk pret

Selfs vakke waarvan die meerderheid van leerders nie hou nie soos Wiskunde kan met die hulp van tegnologie lekker wees. Cami Maths is ’n prettige en interaktiewe opvoedkundige sagtewarestelsel wat leerders help om moeilike wiskundige konsepte te verstaan deur interaktiewe speletjies te speel. Omdat leerders aktief deelneem om somme en probleme op te los is hul meer geneig om te onthou wat hul geleer het.

Verseker dat leerders teen hul eie pas vorder

Net soos leerders verskillende leerstyle het, het elkeen ook sy eie tempo waarteen hy inligting verwerk. Deur toepassings te gebruik kan jy verseker dat leerders teen hul eie pas vorder: leerders wat vinnig werk kan vooruit werk terwyl leerders wat ekstra hulp nodig het stadiger kan werk om seker te maak dat hul die konsepte verstaan voor hul na die volgende hoofstuk beweeg. Wilmari Pretorius, ‘n Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal-onderwyseres, skryf dat wanneer leerders teen hulle eie tempo werk, hulle ‘n sin van persoonlike beheer oor die leerproses voel wat hulle dan kan motiveer om harder te werk.

Berei leerders voor vir die toekoms

Of jy vir of teen tegnologie in die klaskamer is, een ding is seker – leerders gaan met tegnologie in die werkplek te doen hê. Deur hulle nou aan tegnologie bloot te stel en te leer hoe om tegnologie tot hul voordeel te gebruik kan hul in die toekoms help as hul die arbeidsmag betree.

Is jy reg om die voordele van tegnologie in jou klaskamer te geniet en leerders te help om 21ste-eeuse vaardighede te ontwikkel? Besoek Cami se webwerf. Cami spog met ’n stel hoogs doeltreffende KABV-belynde rekenaarprogramme, naamlik Cami Maths, Cami Reader, Cami Science, Cami Literacy, en Cami Perceptual Skills Builder. Beskikbaar vir graad R tot 12 in Afrikaans en Engels. Bestel ʼn Cami program voor 30 Junie 2019 en ontvang 20% afslag.

Bronne:

  1. https://www.onniesonline.co.za/tablette-skole-die-voordele-en-nadele/
  2. https://learnsafe.com/how-to-use-technology-for-different-learning-styles/
  3. https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/ouerskap/ontdek-jou-kind-se-leerstyl/
  4. https://www.youtube.com/user/crashcourse/featured
  5. http://www.cami-apps.com/edu/

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.