Share This Post

Oulike drukbare werkboekies

Oulike drukbare werkboekies

Oulike werkboekies vir die grondslag- en intermediêre fase.

Hier is ‘n paar oulike werkboekie wat op ons webtuiste gelaai is. Dis natuurlik meestal vir die grondslagfase, maar hier en daar is daar werkboeke vir die intermediêre fase. Dit is alles drukbare hulpmiddels, so jy koop een en dan mag jy dit vir jou hele klas afrol.

Juffrou 911 se werkboeke

GRAAD 1 AFRIKAANS WERKBOEK – KWARTAAL 3

Graad 1 Afrikaans Werkboek Kwartaal 3 sluit die volgende inhoud in:

1. Hersiening van skryf van kleinletters
2. Pas die kleinletters by hul hoofletters
3. Beginklanke – verskeie aktwiteite
4. Middelklanke – verskeie aktwiteite
5. Klank aktiwiteite slegs a, b, e, o en u
6. Dubbelklanke: aa, ee, oo en uu – Verskeie oefeninge
7. Hersiening van bl, br, kr, st, sr, sp en gr
8. Bou woorde
9. Bou sinne
10. Begripstoets
11. Selfstanige naamwoord en Persoonlike voornaamwoorde

Werkboek is 31 bladsye lank en daar is 14 kleur A4 plakkate.

Kry dit hier

GRAAD 1 WISKUNDE – KWARTAAL 3

1. Getalname + getalsimbole

2. Ranggetalle
3. Breek getalle op in ene en tiene
4. Optel en aftrek somme
5. Getallelyn somme
6. Meer as en minder as
7. Halveer
8. Verdubbel
9. Tel
10. Pak die waarde van getalle met tellers uit
11. 2D Vorms
12. 3D Vors
13. Kleure
14. Kalender – beantwoord vrae oor kalender
15. Grafiek – beantwoord vrae oor grafiek
16. Woordsomme
17. Dobbelsteen somme
18. Vloeidiagramme
19. Getalkombinasies
20. Geld
21. Getalpatrone
22. Vorm patrone met vorms
23. Terme: Grootste, kleinste, meeste en minste
24. Watter getal vir voor, tussen en na.

Kry dit hier

Oefen kleinletters a – z

Die produk bestaan uit 54 bladsye

Leerders kan kleinletters en hoofletters van a – z oefen deur met ‘n vetkryt of potlood op die stippellyn te trek. Die leerders moet by die swart kol begin en die pyltjie is vir hulle ‘n aanduiding in watter rigting hulle die letter moet begin. Die aktiwiteit leer ook vir leerders om tussen die lyne te skryf. Vir ekstra oefening kan die leerders dan die stippellyn letter onder op die werkkaart oorgaan. Die boekie het ook ‘n voorblad waar leerders se naam ingevul kan word asook hul graad.

Kry dit hier

VOORSKOOLSE WERKBOEK – GRAAD R

Bestaan uit 27 bladsye

GRAAD R werkboek sluit in:
– Vorm herkenning
– Oefen om vorms te teken
– Leer om vorms se name te skryf
– Kleure
– Diere, dierename en dieregeluide en oefen hoe om dit te skryf
– en meer!

Kry dit hier

Eazi Peaze se Wiskundewerkboeke

WISKUNDE WERKBOEKE

Wiskunde Werkboek 1 wat fokus op optelling. Hierdie werkboek bevat verskeie aktiwiteite. Dit kan gebruik word vir intervensie of vir u kind by die huis. Dit is geskik vir leerders van graad 4 tot 7.

Wiskunde werkboek 3 fokus op vermenigvuldiging. Bevat verskeie aktiwiteite. Dit is in PDF-formaat. 25 bladsye.

Werkboek 1 & werkboek 3

Little One – vir die kleintjies

‘n Vorm boekie met 8 vorms (sirkel, driehoek, vierkant, reghoek, ovaal, hart, diamant, ster). Elke vorm kan afsonderlik behandel word en dan vorm dit saam ‘n groot vorm boekie. –> Kry dit hier

‘n Getal boekie met getalle 1-10. Elke getal kan afsonderlik behandel word en dan vorm dit saam ‘n groot 1-10 getal boekie. –> Kry dit hier

‘n Vorm boekie met 7 kleure (rooi, blou, groen, geel, oranje, pienk, pers). Elke kleur kan afsonderlik behandel word en dan vorm dit saam ‘n groot kleur boekie. –> Kry dit hier

‘n Letter boekie met elke letter van A-Z (hoof- en kleinletters). Elke letter kan afsonderlik behandel word en dan vorm dit saam ‘n groot A-Z letter boekie. –> Kry dit hier

Ander werkboeke

Kyk mamma, ek leer lees en skryf

‘n Opvoedkundige leer lees en skryf oefening boek wat kinders help in die grondslag fase van leer lees en skryf. “Kyk mamma, ek leer lees en skryf” is saamgestel vir tuis gebruik, sowel as in die klaskamer. Dit kan gebruik word as ‘n hulpmiddel, ‘n Graad R of Graad 1 kurrikulum boek en ook as ‘n hersiening boek.

Lees meer hier.

Kyk mamma, ek word groot

‘n Opvoedkundige voorskool oefening boek wat kinders help in die grondslag fase van letter- en syfer onderskeiding. “Kyk mamma, ek word groot” is saamgestel vir tuis gebruik, sowel as in die klaskamer. Dit kan gebruik word as ‘n hulpmiddel, ‘n voorskool of Graad R kurrikulum boek en ook as ‘n hersiening boek. Dit is wonderlik vir mammas wat se kinders ekstra stimulasie nodig het.

Lees meer hier.

Graad 4, 5, 6 en 7 Afrikaanse Taalwerkkaarte

40 + taalwerkkaarte in elke pakket

Graad 4

Graad 5

Graad 6

Graad 7

Aanvullende werk vir graad 2 en 3

Hierdie boekie bestaan uit 40 bladsye propvol aktiwiteite vir daardie maatjies wat altyd eerste klaar is. Ringbind die boekie en gee vir elke maat sy eie een. Die idee is hulle moet self die opdragte lees en doen. Ook in Engels.

Kry dit hier

SKRIFBOEKIE

Volledige drukskrif boekie van Aa – Zz met sinnetjie aan die onderkant. Geskik vir die aanleer en vorming van letters.

Kry dit hier

 

BESIGE BYTJIES – GRAAD 1

Hierdie boekie is saamgestel vir daardie maats wat altyd vinniger werk as die res van die klas. Dit is so saamgestel, dat hulle dit self kan lees en doen. Dit bestaan uit Huistaal, Wiskunde, Addisionele Taal asook prettige oefeninge. Die boekie bestaan uit 40 bladsye propvol aktiwiteite.

Kry dit hier

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.