Share This Post

Ontspan: Kleur jou siel in

Ontspan: Kleur jou siel in

Dis nog die begin van die kwartaal, maar ons almal weet hoe lank en besig die derde kwartaal eintlik is. Volwasse inkleurboeke het die wêreld omtrent oorgeneem en ons dink dis uitstekend vir onnies om ‘n bietjie ‘ek-tyd’ in hul besige skedules in te werk.

Wat maak inkleur so lekker?

Verskeie bronne dui aan dat inkleur terapeuties is, nie regtig omdat dit een of ander wonderlike effek op jou liggaam het nie, maar omdat dit vir jou daardie iets gee om jou aandag af te trek en jou te laat ontspan. Terwyl jy inkleur dink sommige mense selfs aan werk, dis eintlik seker maar net soos om ‘n kleurvolle stort vir ‘n uur lank te neem waar jy jou kop agter mekaar kan kry.

Dit leer ook jou brein om te fokus op een ding. By die skool hardloop jy rond soos ‘n mal ding, kry skaars kans om badkamer toe te gaan en dan wanneer jy daar is, dink jy nog steeds aan wat jy veronderstel is om te doen. Volgens ‘n kenner prikkel inkleur die frontale lob van die brein – die tuiste van die organisasie en probleemoplossing.

Wil jy graag inkleur? Druk ‘n paar van hierdie bladsye uit en ontspan!

Inkleurbladsye oor alles

25 Gratis inkleurbladsye

100 Gratis inkleurbladsye

Wat doen jy om te ontspan? Deel met ons!

Onlangse artikels:

Digitale Media in die Afrikaansklas

Vakante Onderwysposte

Video’s om Afrikatale aan te leer

Moenie moed opgee nie

Afrikaanse hulpmiddels

Bronne:

Bustle

TED

QZ

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.