Share This Post

‘n Bordspeletjie wat leerders se idioomskat verbreed!

‘n Bordspeletjie wat leerders se idioomskat verbreed!

Ek het hierdie bordspeletjie gemaak vir ‘n Afrikaanse taak, ons moes speletjies uitdink om vir leerders idiome op ‘n prettige manier aan te leer. Hierdie is my eindproduk.

Van die idiome is nogal moeilik. Ek weet nie of dit geskik is vir die Grondslagfase nie, maar ek dink tog dit kan aangepas word as jy dalk jou eie makliker idiome wil gebruik.
Die speletjie werk so:
Die leerders speel in spanne van twee (tot 4 spanne). Hul gooi ‘n dobbelsteentjie wat 4 verskillende kleure op het (die ander twee kante kan wees “kies ‘n kleur” of “mis ‘n beurt” wat dit bietjie meer interessant maak!). Daar is dan 15 kaartjies wat verskillende kleure is in 4 gekleurde koeverte. Een lid van die span haal dit uit en wys die prentjie / dramatiseer / teken / speel die liedjie en die ander lid raai die idioom en gee die betekenis. Hul skuif dan aan soos in die instruksies aangedui word.Hoe om dit te maak:

Druk die bord uit vir die bordspeletjie op ‘n A3 papier, of twee A4 papiere en plak dit op ‘n lekker stewige bord.

Knip uit die kaartjies wat verskaf word. Die prentjies (spotprente) moet agterop die prentjie-kaartjies geplak word sodat die spanlid steeds die antwoord kan sien. Ek het myne gelamineer sodat ek dit nog lank kan gebruik.

Maak ‘n dobbelsteentjie wat ooreenstem met die vier kleure wat jy gebruik.

Koop sommer 4 karretjies by Shoprite. Dis net R2 een. Dobbelsteentjies is sommer baie goedkoop as jy dit by die R5-winkel koop.

Laai die 15 liedjies af (sommer die hele ‘folder’ van 4shared.com. Dit is net klein deeltjies uit die liedjies, minder as ‘n minuut elk, so ek dink darem nie dit is te onwettig om dit af te laai nie!)

Hier is die verskillende dele van die speletjie:

Die bordspeletjie in PDF formaat: Kliek hier!!

Die kaartjies in PDF formaat: Kliek hier!!

Die instruksies in PDF formaat: Kliek hier!!

Die CD kassie se binnekant ook in PDF formaat: Kliek hier!!

Laai die liedjies hier af: https://docs.google.com/folder/d/0B2Lo9xCIhk9qNFhfSkZLa21EcHM/edit

Laat weet asb as dit nie werk nie!

Die kaartjies kan ook afsonderlik gebruik word. Dink hoe jy die kaartjies kan gebruik in ‘n les. Dalk kan die kaartjies dien as ‘n “idioom ‘n dag” kaartjie en die leerders roteer die kaartjies en moet dalk ‘n paar sinne skryf agter in hul boek waarin hul die idioom gebruik. Of dit kan net lekker wees om dit uit te deel en dan moet elkeen probeer om sy idioom op een of ander kreatiewe manier te verduidelik. Die liedjies kan ook afsonderlik gespeel word in ‘n les waar die klas saam die idioom moet identifiseer! Klink na pret! Kan nie wag om dit in die klas te toets nie… 🙂 

Laat weet my asb hoe die leerders dit vind in die klas, dan kan ek dalk aanpassings maak… 🙂

Share This Post

2 Comments

  1. Dis regtig indrukwekkend. Wat is die ontwerper se naam? Ek wil iemand daarvan vertel.

    Reply
    • Hello Anna-Marie! Jean Vermeulen (van Onnies Online) het dit gemaak vir ‘n projek. 🙂

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.