Share This Post

Hoe om jouself tydens eksamentoesig besig te hou

Hoe om jouself tydens eksamentoesig besig te hou

Een ding wat alle onderwysers haat is definitief om toesig te hou gedurende eksamens! Dis seker die verveligste ding ooit en dis só ‘n mors van tyd!

Vir die verdwaalde ouer wat hulself op die verkeerde blog bevind, dís gewoonlik wat die reëls gedurende eksamentyd is:

  1. Jou selfoon moet af wees. Of jy mag glad nie daarna kyk nie.
  2. Jy mag nie eet nie.
  3. Jy mag nie ‘n boek lees, na jou iPad kyk of enigiets doen behalwe om “aktief toesig te hou” nie.
  4. Jy mag nie praat of gesels met iemand wat in die kamer is nie.
  5. Jy kan nie badkamer toe gaan nie – KNYP, suster!
  6. Jy moet soms die tyd op die bord skryf om te sê hoeveel tyd nog oor is, want blykbaar weet hoërskoolleerlinge nog steeds nie hoe om tyd uit te werk nie.
  7. En dan sommer baie ander simpel goed waaraan ek eerder nie nou wil dink nie.

Maar ons het ‘n oplossing. Jy kan die volgende doen om die tyd vinniger te laat verbygaan.    

  1. Tel die teëls, blokkies of enigiets wat in ‘n patroon is deur een of ander wiskundesom daarvoor uit te dink.
  2. Skat die oppervlakte en omtrek van die kamer waarin jy toesig hou.
  3. Tel die leerders met bruin hare, groen oë, blonde hare, ens
  4. Hou ‘n boek op jou tafel oop en lees elke 5 minute ‘n reël sodat jy nie uitgevang word nie. Dalk sal jy teen die einde van die sessie ‘n bladsy lees.
  5. Beplan wat jou strategie is om jou vraestelle die vinnigste gemerk te kry.
  6. Kyk na elke leerder en dink aan die rapportkommentaar wat graag vir hom / haar wil gee en dan die afgewaterde kommentaar wat jy gaan gee.
  7. Dink aan watter dier elke leerder sou wees.
  8. Loop deur die leerders en verbeel jy is vasgevang in ‘n snaakse situasie, bv. jy is ‘n model op die loopplank, jy is op ‘n seerowerskip en moet op die plank loop, jy is ‘n lugwaardin in ‘n noodsituasie.


Indien jy saam met ander onnies toesig hou, kan julle saam hierdie speletjies aandurf:

  • Hou ‘n kompetisie om te kyk wie die meeste papier aan leerders kan uitdeel.
  • Kyk wie die vinnigste vraestelle kan inneem of uitdeel per ry.
  • Kyk of jy elke aksie van ‘n ander onnie kan namaak wat aan die ander kant van die lokaal staan.
  • Kry opinies van ander onnies deur ‘n meningsopname te hou. Vra ‘n vraag en gaan staan by ‘n leerder wat bv. eerste gaan trou, rykste gaan wees, onnie gaan word, enigiets waaraan julle kan dink!

Wat ook al jy doen, moet net nie begin lag nie!

Het julle ander snaakse idees? Wat doen julle gedurende eksamensessies? Laat weet ons!

Bronne:

Tutorhub

Lees verder:

Wenke vir jou volgende onderhoud

Jou skool benodig ‘n webtuiste: Kwikweb kan help

Video’s vir derdetaalleerders

200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

1 Comment

  1. In n groot saal het ek al die pare verskillende soorte skoolskoene getel of selfs gepoleer of ongepoleer. Ek poog ook on lle wat aan my onbekend is se name te leer. Op heeltemal n ander vlak bid ek vir elke kind se toekoms.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.